Instruksies
Klik op
'Registreer' en voorsien u ses syfer nommer. (Byvoorbeeld
123456)
Daarmee saam word u ook versoek om ons kort opname te
antwoord ten einde ons te help om 'n databasis op te bou vir
navorsing.
U word ook gevra om u e-pos adres aan ons te verskaf waarna u
verslag gestuur sal word.
Sodra die registrasie afgehandel is, verkry u toegang tot die
36 vrae waarna u ons Geestelike Verdieping Vraelys gemaklik kan
beantwoord.
Begin om op die vrae te beantwoord deur u antwoorde in te tik
in die spasie wat onder elke vraag voorsien word. Die spasies
sal aanpas afhangende van die lengte van u antwoorde.
Ons wil u aanbeveel om die vraelys in een sessie te voltooi.
Ons voorsien dat dit u ongeveer twee ure of meer sal neem om
deur die 36 vrae te werk. Onthou gerus om gereeld u antwoorde te
"stoor" deur op die spasie langs elke vraag te klik.
Onthou dat u altyd kan terugkeer na 'n vorige antwoord ongeag of
u dit ge-"stoor" het. Slegs nadat u klaar is met u
vraelys kan u op die spasie aan die onderkant, "Stuur u
vraelys vir analiese", klik wat aandui dat u klaar is en
gelyktydig 'n e-pos stuur aan ons analis by
caren.scheepers@irodo.com. U vraelys se ses syfer
kode sal dan outomaties na ons per e-pos gestuur word. U sal ook
onmiddelik 'n e-pos ontvang wat die inhoud van u antwoorde en u
ses syfer kode bevat en aan u sal bevestig dat die boodskap
suksesvol gestuur is.
Caren sal u vertroulike dokument aan een van ons span
opgeleide analiste lewer, waarna 'n toesighouer sal toesien dat
u verslag binne 14 dae aan u gelewer word. Die totale koste
verbonde aan hierdie Geestelike Verdieping proses is R
500.00. Dit dek net ons onkoste, aangesien ons is nie
ingestel op wins nie. Betaling kan gemaak word in ons
bankrekening:
-
Bank: ABSA
-
Tak:
Lynnwoodrif
-
Takkode:
632005
-
Rekening No:
4055 213874
-
Verwysing:
Die ses kode wat u gekies het tydens die voltooiing van u
vraelys.
Dui asseblief duidelik u ses syfer kode aan op u
inbetalingstrokie wat u per faks aan ons kan stuur by 012 991
4487. U kan ook betaling deur die internet doen, indien u oor so
'n diens beskik.
Indien u enige bystand verlang, is u welkom om vir Caren
Scheepers te skakel by 0829227072
|